Dr Gawie Bruwer Urologist
da Vinci Prostate Pelvic Floor About Media Contacts

About

Certificates

Da Vinci Robot brief:


Ek is in Oktober 2014 gediagnoseer met prostaat kanker. Aangesien ek egter n vorige

geskiedenis van diep veneuse trombose, miokardiale infarksie en beroerte gehad het, het dit

my in n hoe risiko groep geplaas om n radikale prostatektomie op die konvensionele manier

te ondergaan.

Op 6 Desember 2014 is n radikale prostatektomie op my gedoen deur middel van die

Da Vinci robot tegnologie. Ek is die volgende dag ontslaan en was op die derde dag na die

operasie in staat om n afstand van twee kilometer te stap wat ek geleidelik kon vermeerder.

Tydens die vyfde week post- operatief was blaas kontrole normaal en het ek geen inkontinensie

meer ondervind nie. Verdere post-operatiewe verloop was ongekompliseerd. PSA toets ses weke

na chirurgie was .01 ug/L 

 Ek betuig hiemee my dank aan Dr Gawie Bruwer, Die Durbanville Mediclinic en die

narkotiseur.


Interstim briewe:


Brief 1:


Na die eerste fase Interstim was daar ‘n groot verandering.  Urinering en stoelgang was gemonitor vir 14dae en redelike veranderings is waargeneem.  Baie minder sanitere doekies en uitskeidings was gekontroleerd.  Was selfs Pretoria toe met ‘n vliegtuig tussen 14 jan en 29 jan.  Slegs uiterse hitte, baie water gedrink en verkeerde eet by ‘n huwelikseremonie was die oorsaak van ‘n ligte diaree.  Na die 1ste fase was uitskeidings weer gemonitor.  Groot verbetering.  Baie minder doekies (van 14 na 1 in 24uur) stimulasie was goed, absoluut ‘n verbeterde leefwyse.  Selfbeeld het verbeter, geen “embaresment”, angs en slegte reuke.  Geen onverwagse ongelukke en nat klere nie, of ongelukke in die bed.

SIEN UIT NA MY NUWE LEWE MET DIE INTERSTIM !!!


Brief 2:


Aanvanklik was ek benoud, ek het gewonder of dit regtig sou werk en of dit die moeite werd was om dit te doen, want dit is nooit op mense met MS getoets nie.

Ek het die inligting op die internet bestudeer, die dokumente gelees wat aan my gegee is en met iemand wat MS het en dit laat doen het gepraat.

My besluit was egter nie eintlik op een van die bogenoemde gegrond nie, maar wel op die feit date k gedink het, ek het nie eintlik iets om te verloor nie.  Ek is in die bevoorregte posisie om ‘n mediese fonds te he en die operasie is goedgekeur.

Vir ongeveer die afgelope vier jaar het ek nog nie een enkele nag deurgeslaap nie.  Sedert Interstim is dit ‘n baie meer gereelde gebeurtenis !